Booktown Richmond
Home of Bookbedonnerd & Madibaland World Literary Festival

Madibaland World Literary Festival: Gaireyah Fredericks, Jadrick Pedro en Duane Miller

From left to right: Jadrick Pedro, Gaireyah Fredericks & Duane Miller 

Please click on the image to view it full frame

Kaaps oppie Richterskaal:

Gaireyah Fredericks has self-published 7 collections of her poems and stories, participated in most of our local literary festivals and won awards as Best Actress and for Best Script in local drama competitions. She was runner-up in the Afrikaans category of the 2018 AVBOB Poetry Competition nationwide. Won the Nalibali story Bosso children storytelling competition provincially. Wellington Station festival honored her for her contribution in developing Kaaps and she just obtained her BA Honors Afrikaans at UWC.

Jadrick Pedro was gebore en getoë in Ceres waar hy sy skool loopbaan voltooi het by Ceres Sekonder. Na skool werk hy by verskeie eetplekke in die dorp en bekwaam homself as kok.
Hy begin meer aktief skryf en skep ‘n gedigte blad op Facebook genaamd Valei van verse. Twee van sy gedigte het reeds in die plaaslike koerant verskyn, waarvan een verband hou met die aardbewing op 29 September 1969. In November 2018 lees hy een van sy gedigte voor by die DA Dawn se hightea en in 2019 geniet die voorreg om 7 van sy gedigte op AVBOB se  jaarlikse digkompetisie op hulle webwerf gepubliseer te kry. Hy geniet ook die geleentheid om saam sy mentor, Gaireyah Fredericks die bundel Mettie maan gepla te publiseer en by die McGegor poetry festeval 2019 daaruit voor te lees. Tans werk Jadrick aan sy tweede bundel.

Duane Miller is ‘n graad tien student van Paulus Joubert Sekondêre skool, asook student aan die MCM Drama en Skryfskool in die Paarl wat vir leerders gratis aangebied word. Sedert hy onder die mentorskap van Gaireyah Fredericks leersaam is, het hy al met poppekas by laerskole gespeel, ‘n drama produksie geskryf, geregiseur en self daarin gespeel as akteur en in skryfkompetisies deelgeneem. Sy debuutproduksie “Omstandighede” wat hy plaaslik en by skole opgevoer her, was met ‘n staande ovasie ontvang. Hy geniet ook die geleentheid om saam sy mentor, Gaireyah Fredericks die bundel Mettie maan gepla te publiseer en by die McGegor poetry festeval 2019 daaruit voor te lees.