Booktown Richmond
Home of Bookbedonnerd & Madibaland World Literary Festival

Madibaland Online Literary Festival: Johan Jack Smith


For an expanded view please click on the image above

Johan Jack is ’n afstammeling van Virginia in die Vrystaat. Hy het grafiese kuns en ontwerp gestudeer, maar sy kop het joernalistiek toe gestaan. Nadat hy ’n moderne fotoverhaal, getiteld Die Avonture van Malboer vir sy B: Tech Diploma gedoen het, het hy die Vrystaat verlaat vir Johannesburg en aangesluit by Media24, waar hy deeltyds boeke begin resenseer het vir Rapport en Beeld, terwyl hy onder die skuilnaam Peter Jobo sportstories gedoen het vir Daily Sun. Smith het ook ’n gereelde rubriek op Netwerk24 gehad, getiteld Die bekentenisse van ’n toekomstige-Rocker-Pappie wat baie gewild was. Gedurede daardie tyd, is hy aangestel as boekeredakteur by Taalgenoot. Later het hy die pos as assistent-redakteur bekleë, en tans is hy die redakteur van die publikasie. Sy debuutroman, Zola, is bekroon met die Eugene Marais debuutprys vir 2020, en hy was op ook op die kortlys vir die UJ-debuutprys. Hy is van plan om sy meestersgraad in Visuele Kommunikasie in 2020 te voltooi.