Booktown Richmond
Home of Bookbedonnerd & Madibaland World Literary Festival

Madibaland World Literary Festival: Dana Snyman



Soekmekaar is ’n stuk of vyftig stories waarin Dana Snyman besin oor enigiets van Donald Trump tot ’n veertigste skoolreünie. Hy vertel van sy kennismaking met Eugène Terre’Blanche en van die Bogosigesin van Ventersdorp wat by hom op Jacobsbaai gewoon het. Hy besoek Upington kort nadat die skilder Walter Meyer daar deur sy vrou vermoor is en probeer sin van die moord maak. Hy gesels met Jemina Meko oor Karel Schoelman se laaste dae. Hy beskryf hoe
mense oor grense na mekaar probeer uitreik. Hoe ons mekaar soek en nie altyd vind nie. Ten slotte vertel hy van sy verloofde se selfdood en hoe hy daarná byna al sy besittings weggee en die pad die binneland in vat. Menslik, roerend, harsteer én snaaks, soos net Dana Snyman kan.

Dana Snyman is ’n bekroonde en geliefde skrywer met ’n rits topverkopers agter sy naam. Sy TVreeks, Op pad met Dana, is uiters gewild. Die vierde reeks het in 2019 begin. Hy het meer as 25 000 volgelinge op Facebook, waar hy van sy aweregse, ontroerende stories deel, dikwels met oorweldigende reaksie van lesers.