Booktown Richmond
Home of Bookbedonnerd & Madibaland World Literary Festival

Madibaland World Literary Festival: Zirk van den Berg

Ek wens, ek wens

As lykbesorger by White Lily Funerals het Seb al talle lyke gebalsem, organe teruggepak in lyfholtes, bene gekonnekteer en wasbleek gesigte gegrimeer vir die laaste besigtiging deur roubeklaers. ’n Mens het jou werk en jy doen dit, dit help nie om vir ander goed te wens nie, of hoe?

Nietemin wens Seb wel af en toe vir die een of ander ingryping om hom los te ruk uit sy saai bestaan – nie net by die werk nie, maar ook tuis waar hy, sy vrou en tienerkinders verby mekaar leef.

Eendag, toe die sterwende seuntjie Gawie en sy ma by die begrafnisondernemers instap, begin Seb tog in wense glo . . .

“’n Fabel vir moderne tye. ’n Heerlike verhaal.” – Kerneels Breytenbach.

?Ek wens, ek wens? is met die 2020 W.A. Hofmeyrprys vir Afrikaanse fiksie bekroon.

Zirk van den Berg is in Namibië gebore, het grootgeword in SuidAfrika, en woon nou in NieuSeeland. Hy debuteer met ’n kortverhaalbundel, Ekstra dun vir meer gevoel, en daarna ’n roman, Wydsbeen. Sedertdien verskyn sy romans in Afrikaans én Engels: Nobody Dies en ’n Ander mens; Halfpad een ding en Half of One Thing; Die vertes in en Parts Unknown.